Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Staantyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 5 min

.

800 g koninggrootte

garnale, dermpie verwyder maar koppe behou

sout en pas

gemaalde swartpeper

30 ml (2 e) botter

5 ml (1 t) olie

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, gekneus

2 kerrieblare

1 rooi brandrissie, in die helfte gesny en gekap

1 blik (410 g) tamaties

15 ml (1 e) brandrissiepoeier

10 ml (2 t) bruinsuiker

160 ml (²/3 k) room of klapperroom

  1. Geur die garnale met die sout en peper. Verhit die botter in ’n skottelskaar en braai die garnale 6-8 minute vinnig. Verwyder uit die skottelskaar en hou eenkant.
  2. Verhit die olie in dieselfde skottelskaar. Voeg die ui, knoffel, kerrieblare en brandrissie by en roerbraai tot die ui goudbruin is
  3. Voeg die tamaties, brandrissiepoeier en suiker by en laat 2-3 minute prut. Giet die klapperroom by, laat kook en verwyder van die kole.
  4. Sit voor saam met die garnale en vars gebakte brood.