Genoeg vir 2 mense

Bereiding: 20 min.

Staantyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 5 min.

GARNALE

10 koninggrootte

garnale, in die dop

sout en pas gemaalde

swartpeper

MARINADE

250 ml (1 k) droë witwyn

2 knoffelhuisies, gekneus

60 ml (¼ k) vars suurlemoensap

5 ml (1 t) groen brandrissie

30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap

VINAIGRETTE

100 g vars frambose

100 g suiker

80 ml (¹/3 k) water

30 ml (2 e) olyfolie

sap van 1 suurlemoen

SLAAI

400 g vars aarbeie, in die helfte gesny

200 g roketblare

As jy hout-sosatiestokkies gaan gebruik, week dit vooraf in water sodat dit nie op die vuur aan die brand raak nie

  1. Garnale Geur die garnale met die sout en peper.
  2. Marinade Meng al die bestanddele in ’n glasbak en laat die garnale 1 uur marineer.
  3. Vinaigrette Verwerk die vinaigrette-bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad. Bedek en plaas in die yskas.
  4. Slaai Meng die aarbeie en roket en drup die vinaigrette oor.
  5. Ryg die garnale op die stokkies en braai 4-5 minute op warm kole of tot hulle netnet pienk is.
  6. Sit voor saam met die aarbeislaai.