250 g filodeeg

45 ml (3 e) botter, gesmelt

2 wiele fetakaas, grof gekrummel

2 x 170 g-tunastukke

60 ml (¼ k) gekapte grasuie

4 eiers

125 ml (½ k) romerige mayonnaise

sout en peper

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Bespuit 4-6 bakkies met kossproei.
  2. Sny elke vel deeg in vier gelyke blokke. Verf elke blok met die botter.
  3. Gebruik vier blokke elk om die bakkies mee uit te voer.
  4. Meng die orige bestanddele; geur met die sout en peper.
  5. Verdeel die vulsel tussen die bakkies en bak 25 tot 30 minute.
  6. Sit voor saam met ’n groenslaai.