• Vlok oorskietsnoek, voeg ’n blikkie tuna by as jy nie genoeg snoek oorhet nie, en meng met meel, ’n bietjie gekapte ui en koljander- of pietersielieblare. Vorm in koekies en koel effens af. Pak op ’n gesmeerde bakplaat. Bak by 180 °C tot gaar. Sit voor saam met ’n sambal van gekapte tamatie, ui en kopkool en koljanderblare. Giet ’n bietjie asyn oor.
  • Meng oorskiet gevlokte snoek saam met geroomde maaskaas of roomkaas en gekapte pietersielie in ’n voedselverwerker tot ’n pasta. Geur met sout en peper en sit voor saam met volkoringbrood.
  • Braai ’n gesnyde ui in olie tot sag. Voeg aartappelblokkies en ’n bietjie water by en verhit tot gaar. Geur met sout en peper en ’n bietjie asyn. Voeg gevlokte oorskiet snoek by en meng goed tot warm. Eet op vars brood.

Deur: Carmen Niehaus –Huisgenoot & YOU se kosredakteur