Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur 10 minute

Genoeg vir 6 mense

60 ml (4 e) olyfolie

1 ui, gekap

1 seldery, gekap

1 lourierblaar

410 (1 blik) heel tamaties

250 ml (1 k) groenteaftreksel

750 ml (3 k) witwyn

1 suurlemoen se skil

20 ml (4 t) bruinsuiker

300 g jong calamari, skoongemaak

100 g lensies

250 ml (1 k) vars gekapte pietersielie

Verhit die olie in ’n pan oor lae hitte.

Voeg die ui, seldery en lourierblaar by en braai liggies oor lae hitte tot die ui sag is.

Verminder die hitte tot laag en voeg die tamaties, aftreksel, wyn, suurlemoenskil en suiker by.

Laat prut 1 uur of tot die tamaties stukkend en die sous dik is.

Roer die calamari en tentakels in en laat prut 5 minute.

Kook die lensies 20 minute in kookwater of tot sag.

Dreineer en roer die sous en calamari in.

Rond af met pietersielie.

- Hope Malau