Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 10 min.

SLAAI

½ kopkool

2 appels, in klein

blokkies gesny

1 komkommer, in klein

blokkies gesny

SLAAISOUS

15 ml (1 e) Dijonmosterd

30 ml (2 e) balsemieke asyn

60 ml (¼ k) mayonnaise

10 ml (2 t) strooisuiker

sout en vars gemaalde peper

CALAMARI

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olyfolie

500 g calamariringetjies

2 knoffelhuisies, fyngedruk

10 ml (2 e) knoffel-enkruiespeserye

30 ml (2 e) suurlemoensap

  1. Slaai Sny die kool in baie dun repies en meng met die appels en komkommer in ’n mengbak.
  2. Slaaisous Klits al die bestanddele saam en geur met die sout en peper na smaak.
  3. Meng die sous deur die slaai of sit apart voor saam met die slaai.
  4. Calamari Verhit die botter en olie in ’n groot pan. Braai die calamari 1-2 min. of tot gaar (wanneer dit nie meer deurskynend in die middel is nie) oor hoë hitte.
  5. Voeg die knoffel, speserye en suurlemoensap by en roerbraai nog ’n paar sekondes vinnig. Sit die calamari voor op die slaai en saam met ekstra suurlemoen.

As jy die gereg vullender wil maak, kook baba-aartappeltjies en meng dit deur die slaai.