AARTAPPELSKYWE

4 aartappels, in kwarte gesny

45 ml (3 e) olyfolie

growwe sout

CALAMARI

500 g calamari

sout en peper

30 ml (2 e) suurlemoensap

30 ml (2 e) olyfolie

2 wiele fetakaas, gekrummel

Skil van 1 suurlemoen

60 ml (¼ k) gekapte pietersielie

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Aartappelwiggies Smeer die aartappels met olie en sout en oondbak 30-40 minute.
  2. Calamari Geur die calamari met die sout, peper en sap.
  3. Braai die calamari in verhitte olie, voeg die res van die bestanddele by en braai tot gaar.
  4. Sit voor saam met die aartappels.