Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur 15 minute

45 ml (3 e) olie

1 ui, in skywe gesny

1 rooi brandrissie, gekap

2 vinkelknolle, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

30 ml (2 e) tamatiepasta

250 ml (1 k) rooi druiwesap

1 steranys

1 blik (410 g) tamatiepuree

30 ml (2 e) suiker

1 kaneelstok

500 g calamari, skoongemaak, in skywe gesny en tentakels gekap

sout en peper

1 Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die ui, brandrissie en vinkel by en roerbraai tot die groente begin verkleur. Voeg die knoffel en tamatiepuree by en kook 2 minute terwyl jy roer.

2 Voeg die druiwesap by en laat prut tot effens verminder.

3 Voeg die steranys, tamatiepuree, suiker en kaneelstok by. Roer die calamari in en laat prut ’n uur of tot die calamari sag is.

4 Geur met sout en peper en sit voor saam met korserige brood.

- Hope Malau