Die spanlede van die Smoke, Sweat & Tears-span, Chris Kastern en Simon Good is ou skoolmaats en van Vishoek. Hierdie is hul resep.

Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Staantyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

CAJUN-SPESERYE

12 ml (2 opgehoopte t)

growwe seesout

paar knoffelhuisies, fyngedruk

12 ml (2 opgehoopte t)

gerookte paprika vars gemaalde swartpeper

halwe klein ui, baie fyn gekap

5 ml (1 t) cayenne-peper

paar knypies vars gekapte origanum

paar knypies vars gekapte tiemie

1 klein brandrissie, ontpit en fyn gekap VIS 4-6 skywe tunafilet, 2,5 cm dik gesny

  1. Cajun-speserye Meng al die bestanddele.
  2. Vis Vryf die tunaskywe alkant goed in met die speserymengsel en laat staan vir ’n halfuur by kamertemperatuur.
  3. Braai oor warm kole tot geskroei buite-om en nog pienk van binne; moenie die vis oorgaar maak nie.

Knoffelkapokaartappel

Kook ’n paar babaaartappels met skil en al. Geur met sout en voeg ’n paar geskilde knoffelhuisies by terwyl dit kook. Haal die knoffel uit, kap fyn en braai in ’n bietjie botter. Voeg pietersielie en die gaar aartappels by die knoffel en druk die aartappels fyn met ’n vurk. Geur met sout en peper. KIES JOU VIS REG As jy in die winkel of restaurant wil seker maak die vis wat jy kies, is nie ’n bedreigde spesie nie, SMS die soort, byvoorbeeld engelvis, na 079-499-8795. Jy sal dadelik ’n SMS oor die vis se status ontvang. Jy kan ook gaan kyk by www.sassi.co.za.