Foto deur C&D Heierli Photo. Stilering deur Tamsin Snyman.

Bedien 6

Jogurt-doopsous

1 koppie dik, gewone jogurt

1 knoffelhuisie, platgedruk

½ groen brandrissie, ontpit en fyngekap

sap van ’n ½ suurlemoen

4 eetlepels fyngekapte koljander

½ teelepel fyn komyn

sout en gemaalde swartpeper

Brosgebraaide sardyne

400 g blikkie Lucky Star Pilchards in Tomato Sauce

½ koppie koekmeel

1 eier

olie

suurlemoenwiggies om uit te druk

  1. Jogurt-doopsous Meng die jogurt, knoffel, brandrissie, suurlemoensap en koljander in ’n mengbak en geur met komyn en ’n klein bietjie sout en peper. Bedek en verkoel.
  2. Brosgebraaide sardyne Dreineer die sardyne. Hou dit heel.
  3. Geur die meel met sout en peper in ’n vlak bakkie.
  4. Klits die eier liggies in ? ander vlak bakkie. Doop elke sardyn eers in die geklitste eier en bedek met die gegeurde meel.
  5. Vlakbraai in warm olie tot bros en goudbruin. Dreineer dan op kombuispapier.
  6. Rangskik die brosgebraaide sardyne op ’n bord met suurlemoenwiggies om uit te druk en sit voor saam met die jogurt-doopsous in ’n bakkie.

Brosgebraaide sardyne is ook heerlik saam met skyfies of kapokaartappels.

* Lucky Star Pilchards bevat minerale, vitamiene en spoorelemente wat noodsaaklik is vir goeie gesondheid.