Genoeg vir 4

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 12 min.

500 ml (2 k) olie, vir diepbraai

200 ml (¾ k) Dry Lemon-koeldrank

250 ml (1 k) meel

1 eiergeel

sout en vars gemaalde swartpeper

300 g stokvis, ontvel

125 ml (½ k) mieliemeelblom

suurlemoenwiggies vir voorsit

  1. Verhit die olie in ’n middelslagkastrol oor matige hitte.
  2. Klits die Dry Lemon-koeldrank, meel, eier, sout en peper in ’n groot mengbak om ’n beslag te maak. Sit eenkant.
  3. Sny die stokvis in repe, bedek met die mieliemeelblom en doop in die beslag.
  4. Laat sak die vis versigtig in die warm olie en braai drie op ’n slag 4 minute of tot goudkleurig. Sit voor met suurlemoenwiggies.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers