Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 4 mense

Skyfies

2 patats, gewas en in skywe gesny

sout en peper

5 ml (1 t) wonderpeper

10 ml (2 t) olie

Vis

250 ml (1 k) amasi of karringmelk

1 eier

5 ml (1 t) rissievlokkies

sout en peper na smaak

250 ml (1 k) meel

4 jong stokvisfilette

60 ml (¼ k) olie

1 suurlemoen (opsioneel)

SKYFIES

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Sit die gesnyde patat op ’n bakplaat en geur met sout, peper en wonderpeper.
  3. Bedruip met olie en meng alles met jou hande.
  4. Sit dit in die oond vir 15 minute of tot gaar.

VIS

  1. Klits die amasi, eier, rissievlokkies, sout en peper in ’n bak saam.
  2. Sit die meel in ’n ander vlak bak.
  3. Doop die vis in die amasi en dan in die meel.
  4. Herhaal om die vis twee keer te bedek.
  5. Verhit die olie in ’n groot pan oor mediumhitte.
  6. Sit die vis versigtig in die warm olie.
  7. Bak 5 minute weerskante tot goudbruin.
  8. Dreineer op papierhanddoek en geur met suurlemoen as jy dit gebruik.
  9. Sit die vis met patat voor en geniet.

Volg Huisgenoot op Twitter.