Die masala gee ’n wonderlike geur aan die vis.

Lewer 6 porsies

VIS

6 dik witvisfilette

vars suurlemoensap

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

olie, vir diepbraai

BESLAG

375 ml (1½ k) koekmeel

2 ml sout

5 ml (1 t) vismasala

1 blikkie (340 ml) bier

VIS

Geur die vis eers goed met vars suurlemoensap en dan met sout en peper.

Verkoel tot benodig.

Gooi die olie in ’n diep pan of kastrol en verhit tot warm.

BESLAG

Meng die meel, sout en vismasala goed. Voeg die bier by en klits tot glad.

Doop die visfilette in die beslag en maak seker die hele porsie vis is bedek.

Laat sak die vis versigtig in die warm olie en braai tot goudbruin en bros aan albei kante.

Skep uit op kombuispapier, dreineer en sit voor met skyfies, oondgebakte aartappelwiggies, stukkies suurlemoen en tartaarsous of knoffelmayonnaise.

Foto: Misha Miles

Volg Huisgenoot op Twitter.