Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 12 minute

KOMKOMMERSOUS

1 groot komkommer, gerasper

250 ml (1 k) laevet- of vetvrye natuurlike jogurt

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

hand vol vars basiliekruid, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

CALAMARI

30 ml (2 e) rooikerrie-pasta

15 ml (1 e) vrugteblatjang

15 ml (1 e) soet brandrissiesous

1 blik (410 g) tamatiepuree

4 middelslag-calamaristeaks, skoongemaak en in repies gesny

  1. KOMKOMMERSOUS Druk die gerasperde komkommer tussen jou hande om van soveel vog moontlik ontslae te raak. Meng dit nou met die res van die bestanddele. Bedek en verkoel.
  2. CALAMARI Verhit ’n droë pan en skep die kerriepasta daarin. Braai ’n paar sekondes.
  3. Voeg die blatjang, soet brandrissiesous en tamatiepuree by. Braai tot die sous begin kook.
  4. Voeg die calamari-repies by. Braai ’n paar minute tot die calamari gaar is.
  5. Sit voor in ’n heelgraan-tortilla of op ’n porsie heelgraanpasta of bruinrys en skep ’n groot lepel komkommersous bo-op.