Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

30 ml (2 e) botter

1 ui, fyn gekap

3 knoffelhuisies, fyn gekap

100 ml vars kruie soos grasuie

en tiemie, fyn gekap

sout en vars gemaalde

swartpeper

330 ml (1 blikkie of klein bottel) bier

500 g oopskulp-mossels

250 ml (1 k) room

  1. Verhit die botter en braai die ui en knoffel ’n minuut.
  2. Roer die kruie, sout en peper by en giet die bier by.
  3. Bring tot kookpunt, skep die mossels by en plaas die deksel op. Laat sowat 3 minute kook of tot die mossels net gaar is.
  4. Skep die mossels uit en giet die room by die biermengsel.
  5. Bring weer tot kookpunt en laat 5 minute prut of tot die sous met die helfte weggekook het.
  6. Giet oor die mossels en sit voor met vars brood.