Viskerrie: Sny die bevrore vis in groterige stukke, geur met sout en peper en braai in olie tot net gaar. Hou eenkant.

Braai paar skeppe rooi of groen kerriepasta in die pan tot geurig en voeg dan ‘n blik klappermelk by. Laat prut en geur dan met ‘n paar skote sojasous en bietjie vissous.

Voeg die vis by en koljanderblare en sit voor met rys

Visslaai: Berei 250 ml (1 k) koeskoes soos beskryf op die pakkie. Sny stokvis in groterige stukke, geur met sout en peper en braai in olie tot net gaar. Hou eenkant.

Roer baba-spinasie, kersie-tamaties en skyfies rooi uie by die koeskoes en stapel die vis bo-op. Sprinkel pietersielie en olie oor

Vis met groente: Sny murgpampoentjies in lang skywe en braai in bietjie olie tot sag. Voeg heelpitmielies by. Roer dit by gaar rys in. Kap ‘n handvol ment fyn en voeg by. Rol die visporsies in meel en geur met sout en peper. Braai in verhitte olie tot gaar. Sit voor saam met die groenterys.

Deur: Carmen Niehaus

Kosredakteur:  Huisgenoot & YOU