(Jy kan die bier met sodawater vervang as jy geen alkohol verkies.)

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 10 min.

BESLAG

250 ml (1 k) meel plus ekstra vir oorstrooi

5 ml (1 t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) sout

1 eier

250 ml (1 k) bier of sodawater

VIS

450 g witvisfilette (stokvis of geelstert), in blokkies gesny

olie vir diepbraai

30 ml (2 e) taco-speserymengsel (sien wenk) plus ekstra vir oorstrooi

125 ml (½ k) suurroom

30 ml (2 e) melk

45 ml (3 e) mayonnaise

200 g koolslaaimengsel

12 harde mielietortillaskulpe of sagte meeltortillas

salsa om mee voor te sit

250 ml (1 k) cheddarkaas om mee voor te sit

BESLAG Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n bak. Meng die eier en bier of sodawater in ’n beker. Skink die eiermengsel by die meelmengsel en roer vinnig tot goed gemeng.

VIS Bestrooi die vis met die ekstra meel, doop in die beslag en braai in warm olie tot goudbruin. Dreineer op papierhanddoeke.

Meng die taco-speserymengsel met die suurroom, melk en mayonnaise in ’n groot bak. Roer die koolslaaimengsel by en laat staan eenkant.

Sit die vis voor in die tortillaskulpe saam met die koolslaai, salsa en kaas. Strooi nog taco-speserymengsel oor.

WENK

Meng 15 ml (1 e) rissiepoeier, 1 ml (¼ t) knoffelpoeier, 1 ml (¼ t) rissievlokkies, 1 ml (¼ t) droë origanum, 2,5 ml (½ t) rooipeper, 7 ml (1½ t) fyn komyn, sout en peper.