Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

500 g witvisfilette, in blokkies gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

60 ml (¼ k) mielieblom

kookolie vir vlakbraai

6 sprietuie, grof gekap

3 cm gemmerwortel, geskil en gerasper

2 knoffelhuisies, fyn gekap

200 g jong groenbone, gehalveer

sap en skil van ’n klein suurlemoen

200 g Oosterse noedels

15 ml (1 e) sesamolie

30 ml (2 e) soet sojasous

Geur die visblokkies met sout en peper en rol elke blokkie in mielieblom.

Verhit van die olie virvlakbraai en braai die blokkies tot bros en gaar.

Hou eenkant.

Verhit nog olie en braai die stingeluie, gemmer en knoffel ’n paar minute.

Roer die groenbone by en braai sowat 2 minute oor hoë hitte.

Skep die gebraaide visblokkies by die sprietuien- bonemengsel en geur met die sap en skil van die suurlemoen, sout en peper.

Kook intussen die noedels tot gaar, dreineer en hou eenkant.

Verhit die sesamolie in ’n pan en braai die noedels ’n minuut.

Roer die sojasous by en braai nog ’n paar minute.

Skep die noedels in bakkies en skep die vis-en-boontjiemengsel bo-op.