Genoeg vir 4

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

400 g boerewors

10 ml (2 t) olyfolie

1 groot ui, fyn gekap

3 vet knoffelhuisies, gekneus

2 x 410 g-blikke gekapte tamaties

30 ml (2 e) tamatiepasta

1 rooi brandrissie met of sonder pitte, gekap

30 ml (2 e) vars origanum, gekap (of gebruik 10 ml gedroog)

sout en vars gemaalde swartpeper

5 ml (1 t) bruinsuiker

300 g spaghetti

  1. Maak die wors gaar deur dit onder ’n voorverhitte roosterelement te rooster of oor die kole te braai. Oorskietwors werk ook goed. Sny die wors in hapgrootte-stukkies.
  2. Braai die ui in verhitte olyfolie in ’n kastrol tot sag en glansend. Voeg die knoffel by en roerbraai nog ’n minuut. Voeg die tamaties, tamatiepasta, brandrissie en origanum by. Geur met die sout, swartpeper en bruinsuiker. Laat die sous sowat 15 min. prut sonder ’n deksel tot dit ’n dik, geurige sous is.
  3. Kook intussen die pasta in kokende soutwater tot al dente.
  4. Voeg die wors by die sous en roer tot dit deurwarm is. Dreineer die pasta en meng die sous en pasta. Sit voor.