Lewer 1 groot panpizza

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 15-20 minute

BASIS 

1 pak (500 g) bruismeel

5 ml (1 t) sout

10 ml (2 t) droë Italiaanse kruie

1 bottel (340 ml) lagerbier

15 ml (1 e) olyfolie

TAMATIESOUS

1 blik (410 g) tamatie-en-uiesmoor

suiker, sout en peper na smaak

BOLAAG

100 g mozzarella, in skywe gesny

4-6 repe pancetta of spekvleis

10 groen en swart olywe

6 pikantrissies, in stukke gesny

1 rol (100 g) roomkaas, in skywe gesny

10 ml (2 t) gekapte knoffel en olyfolie

roketblare en avokadorepies vir afronding

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Smeer ’n groot bakplaat.

BASIS

Meng al die bestanddele en druk vas in die bakplaat.

TAMATIESOUS

Geur die smoor met suiker, sout en peper, laat vinnig opkook en smeer oor die deegbasis in die pan.

Bak 15 minute.

BOLAAG

Pak die bolaagbestanddele buiten die roket en avokado op, besprinkel met knoffel en olyfolie en bak sowat 10 minute tot die kaas goed gesmelt is.

Verwyder uit die oond en pak die roketblare en avokado op.

Sit dadelik voor.

WENK: Moenie ’n dun kors verwag nie, eerder ’n lekker bonkige een gelaai met hope kaas en ander heerlikhede.