Dit word met tot ses verskillende soorte vars sampioene gemaak.

Gelukkig kry jy deesdae ’n wye verskeidenheid vars sampioene in al die groot supermarkte. Gebruik wat jy ook al in die hande  kan kry.

15 ml botter

15 ml olie

2 knoffelhuisies

’n verskeidenheid vars sampioene soos 125 g baba-knopiesampioene, 125 g knopiesampioene, 250 g portabellinisampioene en 250 g bruinsampioene

100 ml witwyn

100 ml hoenderaftreksel

sout en peper na smaak

125 ml room

500 g gaar spaghetti

Verhit die botter en olie in ’n warm pan en voeg dan die knoffel by.

Voeg die sampioene bietjie vir bietjie by en roerbraai tot effens bruin.

Voeg die witwyn en aftreksel by en laat prut sowat 3 minute tot dit met die helfte verminder het.

Geur met sout en peper na smaak en giet die room by.

Laat prut 2 minute.

Voeg die gaar pasta by en roer deur.

Skep in pastabakke en sit dadelik voor.

Volg Huisgenoot op Twitter.