GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 15 min.

250 g macaroni

30 ml (2 e) botter

30 ml (2 e) meel

375 ml (1½ k) melk

80 ml (¹/3 k) gerasperde cheddarkaas

80 ml (¹/3 k) gerasperde mozzarellakaas

60 ml (¼ k) gerasperde gruyèrekaas

60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas

10 ml (2 t) droë gemengde kruie

tamaties, gerooster

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n oondvaste bak.

  1. Kook die macaroni volgens die aanwysings op die verpakking, dreineer, plaas terug in die pot en sit eenkant.
  2. Verhit die botter in ’n klein kastrol, voeg die meel by om ’n pasta te maak en klits die melk stadig in. Verlaag die
  3. hitte en hou aan roer tot dit verdik.
  4. Meng al die kase en verdeel in drie ewe groot dele. Roer ’n derde van die kaas by die witsous in.
  5. Voeg die witsous en nog ’n derde van die kaas by die pasta. Strooi die kruie in en meng goed.
  6. Skep die pasta in die bereide bak en strooi die oorblywende kaas oor. Bak 15 min. tot die kaas gesmelt het. Garneer met die geroosterde tamaties en sit warm voor.