Repies varkvleis is werklik binne minute gaar en gereed. Moet dit nie oorgaar maak nie. Genoeg vir 4 mense Bereiding: 10 minute Gaarmaaktyd: 15 minute

  • 15 ml (1 e) soetsojasous
  • 15 ml (1 e) sojasous
  • 30 ml (2 e) mielieblom
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 2 cm-stuk vars gemmerwortel, gerasper
  • 1 brandrissie, gekap
  • 500 g ontbeende varknek, -lende of -boud, in repe gesny
  • 15 ml (1 e) olie
  • 6 stingeluie, gekap
  • 300 g Chinese kool OF ¼ kopkool, in repe gesny
  • 1 rooi soetrissie, in repe gesny
  • 1 pynappel, geskil en in stokkies gesny
  • 300 g vars eiernoedels
  • 1 Meng die sojasouse en mielieblom.
  1. Meng dan die knoffel, gemmer en rissie by en meng dié marinade deur die vark.
  2. Braai die vark ’n bietjie op ’n slag in die verhitte olie tot net bruin. Hou eenkant.
  3. Roerbraai die groente so ’n minuut in dieselfde pan. Voeg die vark by en roerbraai 5 minute; voeg die pynappel en noedels by en roerbraai tot deurwarm.
  4. Sit dadelik voor.