Genoeg vir minstens 6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Rystyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 15 minute

500 g meel

7 g suurdeeg

’n knippie sout

325 ml (1? k) warm water

BOLAAG

80 g mascarpone-kaas

250 ml (1 k) suurroom

sout en swartpeper

1 rooi-ui, in skywe gesny

hand vol vars basilie

12 vye

1 Meng die meel, suurdeeg en sout in ’n groot bak. Voeg die water geleidelik by en meng tot ’n sagte deeg vorm.

2 Keer die deeg op ’n skoon oppervlak uit en knie 5 minute of tot glad. Verplaas na ’n skoon bak, bedek met ’n klam lap en los 1 uur op ’n warm plek om te rys.

3 Voorverhit die oond tot 200 °C. Verdeel die deeg in die helfte, rol elke stuk so dun moontlik uit en verplaas na bakplate.

4 Bolaag Meng die kaas, suurroom, sout en peper, sprei dit oor die pizza-basisse uit en bedek met die uiskywe. Bak 15 minute of tot goudkleurig. Haal uit die oond, bestrooi met die basilie en bedek met die vye.

- Hope Malau