Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Genoeg vir 6 mense

SALSA

½ ui, fyn gekap

½ groen soetrissie

1 komkommer, pitte verwyder en gesnipper

1 groot, ferm tamatie, ontpit en in klein blokkies gesny

6 calamata-olywe, ontpit en gesnipper

1 rooi brandrissie, gekap

handvol vars koljanderblare, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

sap van 1 suurlemoen

PASTA

250 g volgraanpasta

30 ml (2 e) olyfolie

45 ml (3 e) balsemieke asyn

30 ml (2 e) gekapte pietersielie

2 agurkies, gerasper

2 kappertjiesade, gekap

2 x 170 g-blikke tuna in water, gedreineer

SALSA

Meng al die bestanddele vir die salsa.

Bedek en hou eenkant.

PASTA 

Maak die pasta gaar.

Meng die olie, asyn, pietersielie, agurkies en kappertjiesade.

Voeg 30 ml van die water waarin die pasta kook by om ’n sous te maak.

Dreineer die pasta en plaas dit in ’n bak.

Giet die sous oor en meng.

Laat die gereg afkoel en meng dit met die salsa en tuna.

Geur na smaak met sout en peper en sit voor.