Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

300 g pastaskulpe

15 ml (1 e) olie

4 knoffelhuisies, gekap

’n hand vol vars pietersielie, gekap

400 g heel kersietamaties

sout en peper

20 g botter

2 blikke (170 g elk) tuna in olie

  1. Kook die pasta in ’n groot pot vol kokende gesoute water tot net gaar. Dreineer en sit eenkant.
  2. Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte. Voeg die knoffel en pietersielie by en braai 1 minuut of tot geurig.
  3. Roer die tamaties in en geur met sout en peper. Kook 10 minute of tot die sous verdik het oor lae hitte.
  4. Roer die botter en tuna in, kook 1 minuut en roer dan die gaar pasta in.