Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 45 min.

30 ml (2 e) olyfolie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

125 ml (¼ k) room

4 x 250 ml (4 k) aftreksel

500 g pasta

2 x 170 g-blikke tuna, gedreineer

sout en vars gemaalde peper

KRUMMEL

15 g vars pietersielie, gekap

50 g amandels, gekap

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Verhit die olyfolie in ’n diep kastrol. Braai die uie en knoffel tot gekaramelliseer. Voeg die room en aftreksel by en verhit tot die mengsel begin prut.
  2. Voeg die pasta by en laat prut tot die pasta net gaar is. Voeg die tuna by en geur met die sout en peper. Skep in bakkies.
  3. Krummel Meng die pietersielie en amandels en sprinkel oor die pasta. Bak 15 min. tot effens bruin en sit voor.