15 ml (1 e) botter

100 g babaspinasie

1 blik (185 g) tuna

5 ml (1 t) mosterdpoeier

500 ml (2 k) laevetroom

100 g cheddarkaas

250 g macaroni, gekook

sout en peper

ekstra cheddarkaas vir oorstrooi

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verhit die botter en braai die spinasie tot verwelk.
  2. Roer die tuna, mosterd en room by. Verhit tot deurwarm.
  3. Haal van die hitte af. Roer die kaas by.
  4. Meng die macaroni deur, geur met sout en peper en giet in ’n oondbak.
  5. Sprinkel ekstra kaas oor en bak 20 minute.
  6. Sit voor met tamatiesous.