Genoeg vir 4 porsies

500 g klaargemaakte deeg

80 ml tamatiepasta

250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

100 g salami

150 g kersietamaties

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

sout en vars gemaalde swartpeper

hand vol basilieblare

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer twee groot bakplate met olie of spuit met kossproei.

Sprinkel met ’n bietjie meel en hou eenkant.

Deel die deeg in 4 groot balle en rol elke bal uit op ’n meelbestrooide werkoppervlak.

Plaas die uitgerolde deegsirkels op die voorbereide bakplate (een op ’n slag).

Verf die deeg met van die tamatiepasta en versprei die res van die bestanddele behalwe die basielieblare oor die 4 deegsirkels.

Bak die pizzas een op ’n slag vir sowat 15 minute en sprinkel die basilieblare oor sodra dit uit die oond kom.

Sny in skywe en eet sodra dit uit die oond kom.