Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

4 tortillas

VULSEL

1 gaar hoender, gepluis

1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer

250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

125 ml (½ k) tamatiesous

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Skroei die tortillas op ’n riffelpan indien verkies.
  2. Vulsel Meng alles en verdeel in twee gelyke hoeveelhede.
  3. Smeer die een helfte op ’n tortilla, plaas nog een bo-op en pak op ’n bakplaat. Herhaal met die res van die bestanddele.
  4. Oondbak 10 tot 15 minute tot die kaas gesmelt is en sny in kwarte.
Tortilla-pizzas