Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 10 min.

2 tortillas

30 ml (2 e) olyfolie

60 ml (¼ k) tamatiepesto

15 ml (1 e) botter

8-10 eiers

sout en vars gemaalde peper

4 sprietuie, gekap

1 soetrissie, in blokkies gesny (opsioneel)

100 g gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n groot bakplaat met kossproei.

  1. Pak die tortillas op die bakplaat, besprinkel met die olie en bak 3-5 min. tot effens bros. Haal uit en laat effens afkoel.
  2. Smeer die pesto oor die tortillas.
  3. Verhit die botter in ’n pan. Breek die eiers in ’n mengbak en klits liggies. Giet in die warm pan en maak roereier. Geur met die sout en peper en verdeel tussen die twee tortillas.
  4. Skakel die roosterelement van die oond aan. Sprinkel die sprietuie en soetrissie (indien gebruik) oor, gevolg deur die kaas. Rooster tot die kaas gesmelt is.
  5. Sny elke tortilla in stukke en sit dadelik voor.