VULSEL

2 uie, in skywe gesny

2 knoffelhuisies, gekap

30 ml (2 e) olie

4 varkneksteaks, in repies gesny

125 ml (½ k) braaisous

PIZZA

500 g winkelbrooddeeg

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

Verhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

Vulsel Braai die uie en knoffel in die verhitte olie. Voeg die vark by; roerbraai tot gaar.

Meng die sous deur, verwyder van hitte, laat effens afkoel.

Pizza Rol rofweg uit in ’n sirkel. Skep die vulsel in die middel; besprinkel met die kaas. Vou die kante in; knyp toe. Bak 35-40 minute.