Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

15 ml (1 e) olyfolie

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, gekap

5 ml (1 t) paprika

100 g chorizo-wors, in skywe gesny

400 g-blik gekapte tamaties

1 L hoenderaftreksel

300 g spaghetti, in groot stukke gebreek

240 g-pak bevrore mossels, ontvries

’n hand vol pietersielie, gekap

suurlemoenwiggies vir voorsit

  1. Verhit die olie in ’n groot braaipan en braai die ui en knoffel 5 min. oor matige hitte of tot sag. Voeg die paprika en chorizo by en braai ’n paar minute. Voeg die tamaties en hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt.
  2. Draai die hitte af tot prutpunt, roer die pasta in en kook 8 min. terwyl jy af en toe roer om te keer dat die pasta aan mekaar kleef.
  3. Roer die mossels in, kook 3 min. tot deurwarm en die pasta gaar, en geur na smaak.

    Bestrooi met pietersielie en sit voor saam met suurlemoenwiggies.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander