Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

1 kg skaapstowevleis met beentjies

sout en peper

125 ml (½ k) meel

40 ml (8 t) olyfolie

1 groot ui, grof gekap

3 wortels, grof gekap

3 selderystingels, grof gekap

1 blik (410 g) gekapte tamaties

250 ml (1 k) water

80 ml (¹/ ³ k) tamatiepasta

15 ml (1 e) sagte bruinsuiker

250 g ryspasta

  1. Geur die stowevleis met sout en peper en rol elke stuk in meel. Skud die oortollige meel af.
  2. Verhit van die olie in ’n kastrol en braai die vleis ’n bietjie op ’n slag tot goudbruin en skep uit.
  3. Verhit nog olie en braai die ui, wortel en seldery ’n paar minute.
  4. Plaas die vleis terug in die kastrol, voeg die tamaties, water, tamatiepasta en bruinsuiker by en geur na smaak.
  5. Prut sowat 1 uur of tot die vleis sag is.
  6. Roer die ryspasta by en laat prut tot gaar.

Voeg fyn gekapte spinasie ’n minuut of twee voor die einde van die kooktyd by.