Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 12 minute

200 g babatamaties

6 takkies origanum, blare van takkies gestroop

1 bakkie basilieblare, geskeur

2 ml (½ t) brandrissieolie

goeie skeut olyfolie

hand vol gerasperde parmesaan

500 g pasta soos spaghetti

groot klont botter

6-8 knoffelhuisies, fyn gekap

1 bottel gekoopte Napolitanatamatiesous

sout en peper na smaak

ekstra basilieblare en parmesaankaasskaafsels vir bo-oor

Meng die tamaties, kruie, olie en gerasperde parmesaankaas in ’n mengbak en hou eenkant.

Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer.

Terwyl die pasta kook, verhit die botter in ’n pan en roerbraai die knoffel 1-2 minute oor matige hitte.

Voeg die Napolitana-sous by en verhit tot net warm.

Verwyder van die hitte en roer die vars tamatiemengsel deur die Napolitana-sous.

Geur met sout en peper.

Meng deur die pasta, giet nog ’n skeut olyfolie by en rond af met die basilie en parmesaan.

Sit dadelik voor.

*Resept uit Cooked: Out of the Frying Pan, uitgegee deur Penguin.

Volg Huisgenoot op Twitter

Huisgenoot 31 Maart 2011.