Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: sowat 30 min.

500 g macaroni-pasta

’n knippie sout

Kaassous

15 ml (1 e) olie

10 ml (2 t) meel

2,5 ml (½ t) mosterdpoeier

sout en vars gemaalde swartpeper

500 ml (2 k) melk

150 g cheddarkaas, gerasper

65 g pecorinokaas, gerasper

4 tamaties, in skywe gesny

Voorverhit die oond tot 160 °C.

  1. Bring ’n kastrol effens gesoute water tot kookpunt. Voeg die pasta by en kook 10 minute. Dreineer en spoel die pasta 30 sekondes onder koue water af.
  2. Kaassous: Verhit die olie in ’n kastrol en voeg die meel, mosterdpoeier, sout en peper by. Roer goed. Klits die melk stadig in. Die sous sal begin verdik sodra dit kookpunt bereik. Laat prut 2 minute en verwyder dan van die hitte.
  3. Voeg die gerasperde kaas by en roer tot gesmelt. Meng die pasta en die sous goed in ’n groot bak. Skep in ’n kasserolbak en maak die oppervlak met ’n houtlepel gelyk. Rangskik die tamatieskywe bo-op.
  4. Sit 20 minute in die oond of tot die kante en bokant effens begin verhard.