250 g pasta

4 gaar hoenderborsies, gepluis

125 ml (½ k) songedroogdetamatie-pesto

60 ml (¼ k) mayonnaise

sout en vars gemaalde peper

gerasperde pecorinokaas

hand vol vars basilieblare

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Kook die pasta en dreineer dit, maar behou 60 ml (¼ k) van die water.
  2. Meng die pasta met die hoender, pesto en mayonnaise.
  3. Roer die water by en geur met sout en peper.
  4. Skep in ’n oondvaste bak, sprinkel die kaas oor en bak 15 minute. Skeur die basilieblare en roer deur die pasta. Sit voor
  5. met ’n slaai.