Genoeg vir 4 mense

2 jong eiervrugte, in dun skywe gesny

40 ml olyfolie

sout

2 uie, in kwarte gesny

3 knoffelhuisies, fyn gekap

1 geel soetrissie, in skywe gesny

1 rooi soetrissie, in skywe gesny

6 murgpampoentjies, in skywe gesny

2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties

60 ml (¼ k) gekapte pietersielie en koljanderblare

sap en skil van 1 suurlemoen

vars gemaalde swartpeper

250 ml (1 k) basilieblare of ertjiespruite

250 g pasta

parmesaankaas, gerasper vir opdiening

1. Verhit ’n riffelpan en verf die eiervrugskywe met van die olie. Braai die skywe tot goudbruin en amper gaar of gaar. Geur met sout en hou eenkant.

3. Verhit die res van die olie in ’n kastrol en braai die uie en knoffel ’n paar minute.

4. Sit die soetrissies en murpampoentjies by en braai tot geurig en sag.

5. Sit die tamaties en kruie by en geur met sout, peper en die suurlemoensap en -skil.

6. Skeur ? van die basilieblare en sit dit en die eiervrug by. Laat prut sowat 15-20 minute.

7. Kook intussen die pasta in soutwater tot al dente, dreineer en hou eenkant.

7. Deel die pasta tussen bakkies, skep groente bo-op en garneer met die res van die basilieblare of ertjiespruite en parmesaankaas.

Resep: Bernice van der Merwe, Esther Malan en Carmen Petersen

Foto: David Briers

Pret-feit: In die VSA, Kanada en Australië word eiervrugte "eierplante"genoem omdat die eerstes van hierdie spesie bloot ornamenteel was. Die wit en geel vrug word ook "Wit Eier" genoem.

In Engeland en Frankryk word dit "aubergine" genoem en hier plaaslik eiervrug of "brinjal".