Genoeg vir 3-4 mense

Bereiding: 7 minute

Gaarmaaktyd: 5-7 minute

500 g gekoopte gnocchi

60 ml (¼ k) pesto van songedroogde tamatie

100 g kersietamaties

olyfolie

knippies sout, peper en suiker

12 swartolywe

60 ml (¼ k) kappertjiesaad

bronkors en geskeurde basielblare

60 ml (¼ k) gekoopte sademengsel (opsioneel)

parmesaanskaafsels

  1. Kook die gnocchi volgens die aanwysings op die pak en dreineer goed.
  2. Roer die tamatiepesto deur die gnocchi.
  3. Braai die tamatie in ’n bietjie olie tot dit net oopbars. Geur met die sout en peper en ’n knippie suiker.
  4. Meng saam met die olywe en kappertjiesaad by die gnocchi in.
  5. Plaas die blare in ’n slaaibak, skep die warm gnocchimengsel daarop, sprinkel die sade oor indien gebruik en rond af met kaasskaafsels.