Genoeg vir 4 mense

250 g penne-pasta

250 g ryp tamaties, gehalveer

2 rooiuie, in kwarte gesny

2 knoffelhuisies, geskil en heel

5-7 ansjovisfilette

sowat 10-15 olywe

vars origanum

olyfolie

growwe sout en vars gemaalde swartpeper

200 g fetakaas, gekrummel

Voorverhit die oond tot 200 °C en kook die pasta in soutwater tot al dente.

Dreineer en hou warm.

Plaas die tamaties, rooiuie, knoffel, ansjovisfilette, olywe en origanum in ’n groot gesmeerde oondbak en bedruip met olyfolie.

Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en bak sowat 15-20 minute.

Verwyder uit die oond en skep die tamatiemengsel by die verhitte en gaar pasta.

Roer die fetakaas by en klam aan met ekstra olyfolie indien nodig.