Genoeg vir 6-8 mense

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Verkoeltyd: oornag

VARKWORS

500 g gemaalde varkvleis (of kap varknek of -lende fyn in die voedselverwerker)

125 g spekvleis, fyn gekap sout en peper

5 ml (1 t) gekapte roosmarynblaartjies

2 ml (½ t) fyn gekapte knoffel

30 ml (2 e) droë witwyn

ROKETPESTO

60 g vars roketblare

20 g basilieblare

50 g okkerneute

1-2 knoffelhuisies

60 g parmesaan- of pecorinokaas

’n bietjie suurlemoensap

sout en peper

80-125 ml (1/3-½ k) olyfolie

PASTA

500 g tagliatelle

olyfolie

ekstra roketblare, suurlemoensap en pecorinokaas vir bo-oor

  1. Varkwors Meng al die bestanddele liggies. Plaas op ’n vel kleefplastiek of tinfoelie, vorm in ’n lang rol, vou toe en draai die ente stewig toe. Plaas oornag in die yskas. (As jy haastig is, plaas sowat ’n halfuur in die vrieskas.)
  2. Roketpesto Plaas al die bestanddele buiten die olie in ’n voedselverwerker en kap grof op.
  3. Giet die olie stadig deur die tuit by en verwerk tot glad en loperig maar steeds effens grof.
  4. Pasta Verwyder die kleefplastiek of tinfoelie van die varkwors en sny in skyfies.
  5. Verhit ’n bietjie olie en braai die skyfies wors tot gaar.
  6. Kook intussen die pasta tot al dente, dreineer, roer die pesto deur, voeg die varkwors by en rond af met die ekstra roket, suurlemoensap en kaas. Sit dadelik voor.

Kyk hierdie video waar ons verduidelik hoe om die resep te maak: