Kook is ’n passie vir Jean le Roux van Witbank. Sy glo die regte gereedskap en goeie bestanddele waarborg ’n onvergeetlike ete.

GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

FRIKKADELLE

500-800 g beesmaalvleis

2 eiers, geklits

2 snye witbrood, kors verwyder en in melk geweek

50 ml pietersielie, gekap

10 ml (2 t) worcestersous

sout en vars gemaalde peper

olie vir vlakbraai

SOUS

5 ml (1 t) olyfolie

1 ui, fyn gekap

750 ml (3 k) tamatiesous

250 ml (1 k) blatjang

125 ml (½ k) asyn

375 ml (1½ k) bruinsuiker

20 ml (4 t) kerriepoeier

10 ml (2 t) borrie

10 ml (2 t) sout

10 ml (2 t) Dijonmosterd

250 g tagliatelle of spaghetti, gekook

  1. Frikkadelle Meng al die bestanddele buiten die olie goed en maak bolletjies so groot soos ’n gholfbal met die mengsel.
  2. Braai die frikkadelle in die olie tot goudbruin. Laat eenkant staan.
  3. Sous Verhit die olyfolie in ’n diep pan en braai tot die ui bruin is. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut 5 min.
  4. Voeg die frikkadelle by en laat prut 5 min. Sit voor saam met die pasta en ’n groenslaai.