500 g steak

sout en peper

olyfolie

250 g kersietamaties

2 groot pizzabasisse

300 g mozzarellakaas, gerasper

1 avokado, in skywe gesny roketblare

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. Geur die vleis met sout en peper.
  2. Smeer met olyfolie.
  3. Verhit ’n pan en seël die steak weerskante.
  4. Rooster dit nog 5-6 minute in die oond, haal uit en laat rus.
  5. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan en braai die tamaties tot dit gebars is. Geur die tamaties met sout en peper.
  6. Verdeel die mozzarellakaas tussen die pizzas en rooster dit in die oond tot gesmelt.
  7. Sny die vleis in skywe en pak dit op die pizzas, gevolg deur die tamaties, avokado en roketblare.