Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 2¼ uur

500 g “chuck”-steak, in blokkies gesny

45 ml (3 e) meel

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

2 selderystingels, gekap

2 wortels, in skywe gesny

2 takkies tiemie

2 x 410 g-blik heel tamaties

375 ml (1½ k) beesaftreksel

350 g rigatoni-pasta

pietersielie vir garnering

Voorverhit oond tot 180 °C.

1.    Bedek die beesvleis effens met die meel en skud enige oortollige meel af. Braai die vleis in die olie in ’n oondvaste pot op matige hitte tot bruin.

2.    Verlaag die hitte. Voeg die uie en knoffel by en braai 2 minute. Voeg die seldery en wortels by en braai nog 2 minute.

3.    Meng die tiemie, tamaties en aftreksel by en braai 5 minute. Plaas in die oond vir 2 uur of tot die vleis sag en die sous dik is.

4.    Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Wanneer dit gaar is, voeg by die vleis en meng deeglik. Garneer met die pietersielie.

- Hope Malau