GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

PASTA

klontjie botter

2 klein uie, fyn gekap

45 ml (3 e) koekmeel

500 ml (2 k) room

250 ml (1 k) melk

125 ml (½ k) water

125 ml (½ k) witwyn

200 g gerookte forel, in repies gesny

160 ml (²/³ k) gekapte grasuie skil en sap van 1 suurlemoen

paar druppels tabascosous

sout en vars gemaalde swartpeper

500 g tagliatelle-pasta, gaar

vars parmesaankaas, gerasper

SALM

6 kleinerige stukke vars salm (opsioneel)

  1. PASTA Smelt die botter en roerbraai die uie daarin tot sag.
  2. Voeg die meel by en meng goed. Voeg die room, melk, water en wyn by. Roer tot die sous verdik en kook.
  3. Voeg die forel en grasuie by en geur met suurlemoen, tabascosous en sout en peper.
  4. Meng die sous met die gaar pasta en skep in bakke. Sprinkel die parmesaankaas oor.
  5. SALM Indien jy salm ook gebruik: Braai die salm op die velkant in ’n warm pan tot die vel bros is. Druk die pan vinnig in ’n verhitte oond en verhit 5 minute tot die verlangde grad van gaarheid. Plaas ’n stuk salm op elke bord.