500 g pastarys, gekook tot net gaar

2 knoffelhuisies, gekap

300 g spinasie, grof gekap

2 blikke (170 g elk) tunastukke, gedreineer

250 ml (1 k) laevetroom

200 g mozzarellakaas, gerasper

sout en peper

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Meng al die bestanddele en die helfte van die kaas. Geur met die sout en peper na smaak.
  2. Skep die mengsel in ’n oondbak.
  3. Sprinkel die res van die kaas oor, oondbak 25-30 minute tot deurwarm en sit voor met slaai.