500 g spaghetti of fettuccine

250 g spekvleis, in stukke gesny

250 g murgpampoentjies, in skyfies gesny

60 ml (¼ k) kappertjiesade (opsioneel)

sout en vars gemaalde peper

olyfolie en suurlemoensap

50 g pecorinoskaafsels

  1. Kook die pasta tot gaar volgens die aanwysings op die pak.
  2. Braai die spekvleis in ’n baie warm pan tot bros.
  3. Skep die spek uit en braai die murgpampoentjies in die oorblywende vet.
  4. Kap die spek fyn. Meng die spek, murgpampoentjies en kappertjiesade deur die pasta.
  5. Geur met sout en peper.
  6. Sprinkel ’n bietjie olyfolie en suurlemoensap oor. Sprinkel die pecorinokaas oor.