Genoeg vir 4 tot 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

300 g pasta

15 ml (1 e) olie

80 g botter

1 ui, gekap

250 g spekvleis, gekap

250 g sampioene

300 ml room

’n hand vol parmesaankaas, gerasper

sout en peper

  1. Kook die pasta in ’n groot pot soutwater volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer goed.
  2. Verhit intussen ’n pan oor matige hitte. Voeg die olie, botter, ui, spekvleis en sampioene by. Kook terwyl jy roer 5 min. of tot die spekvleis bros is.
  3. Voeg die room by en laat prut 2 min. of tot effens verdik. Voeg die pasta by en strooi die parmesaan oor. Roer deur. Geur met die sout en peper.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller