Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 20-25 min.

olyfolie vir smeer

meel vir die werkoppervlak

500 g winkelbrooddeeg

60 ml (¼ k) olyfolie

250 g strepiespek

200 g mozzarellakaas

SALSA

1 avokado, in blokkies gesny

6 sprietuie, gekap

15 ml (1 e) suurlemoensap

sout en peper

VIR VOORSIT

120 g roketblare

Voorverhit die oond tot 230 °C. Smeer ’n groot bakplaat met die olyfolie.

  1. Sprinkel ’n werksout oppervlak met meel. Verdeel die deeg in 4 gelyke dele en rol elkeen rofweg uit.
  2. Pak die deegsirkels op die voorbereide bakplaat. Smeer met die olie en bak 8-10 min. tot gaar en effens bruin aan die onderkant. Pak die spekrepies op ’n ander bakplaat en rooster 10-15 min. tot bros.
  3. Salsa Meng alles en geur met die sout en peper.
  4. Versprei die salsa op die pizza-basisse. Skeur die mozzarella in stukkies en versprei oor die salsa, gevolg deur die spekrepies.
  5. Vir voorsit Sprinkel die roketblare oor, sny in stukke en sit voor.

Nog voorstelle vir pizza:

  • Biltong, bloukaas en uie-marmelade.
  • Tamatieskywe, mozzarella en basilieblare.
  • Gepluiste hoender, feta en pynappel.
  • Tuna, mayonnaise, pitmielies en pietersielie.
  • Mozzarella, ansjovis en olywe.