Genoeg vir 2-4 mense

30 ml olyfolie

1 knoffelhuisie, fyn gekap

250 g baba-Roma-tamaties

250 g spek

125 g jong groenbone

sout en vars gemaalde swartpeper

250 ml room

250 g tagliatelle-pasta

handvol basilie

  1. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die knoffel en tamaties ’n paar minute.
  2. Braai tot die tamaties oopbars en skep uit.
  3. Sny die spek in stukke en braai in dieselfde pan tot gaar en effens bros.
  4. Roer die tamaties by en geur met sout en peper.
  5. Giet die room by en bring tot kookpunt.
  6. Kook intussen die pasta tot al dente, dreineer en sit voor saam met die spek en tamatiesous.
  7. Garneer met basilieblare.